Home

Wie is Stefan Strydom?

Ek is gebore in Pretoria op 23 Oktober 1979 maar groot geword in klein platelandse dorpie Ashton. Ek het groot geword waar ons as kinders nog op ‘n oop veld oorkant ons huis in La Rochelle Weg 15, Ashton gespeel het en daar elke jaar ‘n straat braai gehou was. Al die bure het dan hulle braai in die straat gepak dan braai en kuier ons saam.

Ons het in Ashton aangekom die somer van 1990. Ek sal daai eerste winter in die Boland nooit vergeet nie. Ons was so opgewonde oor die sneeu wat ons sien. As ek aan my kinder jare dink dan kan ek dit nie beskryf as opwindende reis van liefde, ondekkings saam ‘n liefde volle familie nie.

Ek gaan deur my blog bietjie vertel van al die ondekkings van my kinder jare. Ervaaring wat ek gehad het en ook bietjie oor ons familie geskiedenis. Waar kom ek vandaan en ook my ouers.

Ek gaan ook deel hoe ons as familie bymekaar gebly het deur moeilike tye en goeie tye. En die storie en kennis wat mense oorgedra het aan my as kind. Ek het elke middag gaan kuier by die ou mense in ons woonbuurt. En saam hulle koeldrank gedrink of slap tjips geeet en dan werkies gedoen vir hulle in en om die huis. Ek gaan alles met jou deel en hoekom familie so belangrik is vir my.

Ek het gedink dit sal goed wees om hierdie met die wêreld te deel. Want baie min mense het so ‘n kosbare familie band en ervaarings wat ek gehad het.

As jy enige vrae het kontak my gerus. My sosiale media sal uitbrei soos ek aangaan met my blog.


  • Restorasie 2022
    As ek dink oor wat restorasie beteken dan dink ek aan ‘n ou meubel stuk. ‘n Tafel of stoel wat al lankal uit gegooi is vir brand hout. En iemand kom en sien sy potensiaal raak en hoe hy oorspronklike.Continue reading “Restorasie 2022”
Design a site like this with WordPress.com
Get started